Overview

Advertising Sales Representative/Afrikaans Jobs in Pretoria, South Africa at Pillangó Placements

Position: Advertising Sales Representative (Afrikaans)

Pillangó Placements is deur Plus 50 Media getaak vir die werwing van ’n ervare advertensie bemarker vir twee van die maatskappy se publikasies wat gerig is op die seniorsmark van Suid-Afrika, Plus 50 (twee maandeliks) en die Plus 50 Streek wat elke 6 maand publiseer word. Die tydskrif is ’n gevestigde huishoudelike naam in die bedryf en is ook digitaal beskikbaar.

Daar is landwyd intekenare en tuisaflewering sowel as posaflewering geskied.
Die firma is op soek na ‘n ervare advertensiebemarker met bewese toepaslike ervaring. Hul hoofkantoor is in Lynnwood, Pretoria, en die kandidaat moet in Pretoria woonagtig wees alhoewel die personeelspan grootliks van hul huise af werk.

Die tydskrif het landwyd adverteerders.

Die geskikte kandidaat, wat direk aan die Redakteurs verantwoordelik sal wees, sal redaksionele en administratiewe steun ontvang. Die persoon moet egter sterk selfstandig kan werk en tegelyk ook goed in ‘n span kan saamwerk.

Vereistes

‘n Bewese suksesrekord van advertensieverkope

Moet ‘n advertensiewerwing- en bemarkingsplan kan help opstel

Moet self die advertensiewerwing en kliënteversorging kan doen

‘n Aanvoeling vir die seniors-marksektor (vyftig-plussers) en diensteleweraars op dié gebied in Suid-Afrika is noodsaaklik

‘n Geskikte kandidaat sal waarskynlik self in die ervare lewensgroep van 48-70 jaar wees. (Hierdie kan ook die ideale soort pos wees vir ‘n persoon wat onlangs afgetree het of binnekort aftree)

Rekenaargeletterdheid

Goeie taalvaardigheid in Afrikaans en Engels

Eie vervoer, eie telefoon en huiskantoorgeriewe

Moet bereid wees om van tyd tot tyd te reis

Na matriek, ‘n verdere toepaslike kwalifikasie/s bv. graad, diploma, kursusse gevolg.

Voordelig

Kennis en ervaring van skakelwerk, bv. die reël van promosiegeleenthede, skakeling met lesersgroepe, kliëntegroepe of toepaslike verenigings.

Bestaande of vorige skakelnetwerke sal u sukses help bepaal. Moet nuwe adverteerders kan help vind.

Die basiese salaris sal bepaal word op grond van die waarde wat jy na verwagting tot die besigheid sal bydra, met inagneming van jou verkope-rekord, netwerk in die bedryf, en voorgestelde prestasieteikens.

Desired Skills:

advertising

media

sales

public relations

#J-18808-Ljbffr

Title: Advertising Sales Representative/Afrikaans

Company: Pillangó Placements

Location: Pretoria, South Africa

Category: Sales (Advertising Sales)

 

Upload your CV/resume or any other relevant file. Max. file size: 800 MB.