Overview

SOS | Fisiese Wetenskap-spesialis Jobs in Pretoria, Gauteng, South Africa at SBM Groep

Title: SOS | Fisiese Wetenskap-spesialis

Company: SBM Groep

Location: Pretoria, Gauteng, South Africa

Die Skoleondersteuningsentrum

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) werk daaraan om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te verseker — deur bestaande gehalte onderrig te beskerm én nuwe, volhoubare onderwysinisiatiewe te bou.

Posdoelstelling

  • Ons is op soek na ‘n passievolle en innoverende Fisiese Wetenskap-spesialis om by ons span aan te sluit.
  • Die doel van die pos is om Afrikaanse skole en onderwysers te ondersteun deur spesialisopleiding, mentorskap en die ontwikkeling van gehalte onderrig- en assesseringsmateriaal in Fisiese Wetenskappe (Gr. 10–12) en Natuurwetenskappe (Gr. 8–9).

POSVEREISTES

Kwalifikasies

  • ‘n Toepaslike B-graad (NKR 7) met ‘n nagraadse onderwyskwalifikasie ( VOO-fase).
  • Registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (SARO).
  • Minimum 5 jaar ervaring in die onderrig van Fisiese Wetenskappe aan hoërskoolleerders (Gr. 10–12).

Aanbevole ervaring en kundigheid

  • B.Ed Honneursgraad of ander toepaslike nagraadse kwalifikasie (NKR 8).
  • Ervaring in die onderrig van Natuurwetenskappe (Gr. 8–9).
  • Kundigheid in praktiese onderrig van Fisika en Chemie.
  • Ervaring in die opstel, moderering en nasien van matriekeksamenvraestelle.
  • Kundigheid van KABV- sowel as IEB-assesseringsvereistes en prosesse.
  • Ervaring in die opleiding en begeleiding van onderwysers.
  • Ervaring met moderne tegnologie en digitale hulpmiddels in wetenskaponderrig.

Verantwoordelikhede

  • Opleiding van onderwysers in Fisiese Wetenskappe en Natuurwetenskappe.
  • Opstel, ontwikkel en moderering van assesseringsmateriaal vir leerlinge en onderwysers in beide Fisiese Wetenskappe en Natuurwetenskappe vir die Wolkskool platform.
  • Ondersteuning, leiding en mentor van wetenskap onderwysers by SOS-netwerkskole.

Vaardighede

  • Aanbiedingsvaardighede van groot en klein volwasse groepe
  • Fasiliterings- en mentorvaardighede
  • Kommunikasie vaardighede (verbaal en nie-verbaal)
  • Probleemoplossingsvaardighede
  • Tydsbestuur
  • Navorsingsvaardighede
  • Kreatiwiteit
Upload your CV/resume or any other relevant file. Max. file size: 800 MB.