Overview
nGAP Lecturer: Afrikaans Language Learning Jobs in Stellenbosch, Western Cape, South Africa at Stellenbosch University
Title: nGAP Lecturer: Afrikaans Language Learning
Company: Stellenbosch University
Location: Stellenbosch, Western Cape, South Africa
Department Description/Departement Beskrywing
Faculty of Arts and Social Sciences
Department of Afrikaans and Dutch
nGAP Lecturer: Afrikaans Language Learning
(Stellenbosch Campus)
Ref. LSW01/342/0826
The Department of Afrikaans and Dutch at Stellenbosch University (SU) is a centre of expertise that bridges local and global linguistic fields.
Our work, grounded in rigorous research, supports studying and teaching Afrikaans and Dutch literature, linguistics and applied disciplines.
We offer a wide range of academic and practice-oriented programmes, emphasising multilingualism and preparing students to excel in diverse areas of language and communication.
The position is part of the New Generation of Academics Programme (nGAP) initiative of the Department of Higher Education and Training (DHET), which funds the position (http://www.dhet.gov.za/ssauf/ngap.html).
Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe
Departement Afrikaans en Nederlands
nGAP Lektoraat: Afrikaanse Taalaanleer
(Stellenbosch-kampus)
Verw. Ref. LSW01/342/0826
Die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch (US) is ‘n kundigheidsentrum wat plaaslike én internasionale taalterreine met mekaar verbind.
Ons werk, gegrond op deeglike navorsing, ondersteun die bestudering en onderrig van Afrikaanse en Nederlandse letterkunde, taalkunde en toegepaste vakgebiede.
Ons bied ‘n wye reeks akademiese en praktykgeoriënteerde programme aan wat meertaligheid beklemtoon en studente voorberei om in verskeie taal- en kommunikasiedomeine te presteer.
Hierdie pos maak deel uit van die New Generation of Academics Programme (nGAP)-inisiatief van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, wat die aanstelling befonds(http://www.dhet.gov.za/ssauf/ngap.html).
Duties/Pligte
This position forms part of the nGAP initiative and the incumbent will benefit from a reduced workload in the first three to four years.
The additional time available will be dedicated to achieving the teaching and research development goals outlined by the nGAP.
The incumbent can work towards the completion of either a PhD or a postdoc.
- Undergraduate and postgraduate teaching in Afrikaans Language Learning.
- Undergraduate and postgraduate teaching in Language Practice, should there be a need within the Department.
- Administrative duties according to Departmental needs.
Hierdie pos maak deel uit van die nGAP-inisiatief en die posbekleër sal baat by `n verminderde werkslading in die eerste drie tot vier jaar.
Die bykomende beskikbare tyd sal aangewend word om die onderrig- en navorsingsontwikkelingsdoelwitte te bereik soos voorgeskryf deur die nGAP.
Die posbekleër kan die tyd gebruik om óf ‘n PhD óf postdoktorale-studie te voltooi.
- Voorgraadse en nagraadse onderrig in Afrikaanse Taalaanleer.
- Voorgraadse en nagraadse onderrig in Taalpraktyk, sou daar ‘n behoefte binne die Departement wees.
- Administratiewe take na gelang van Departementele behoefte.
Job Requirements/Pos Vereistes
- MA degree in Translation, Afrikaans and Dutch, or a related field, specialising in Afrikaans Language Learning.
- A pass mark of 70% or more in the MA degree.
- Excellent communication skills in Afrikaans and English.
- Must be a South African citizen.
- Must be under 40 years of age.
Applications Must Be Accompanied By The Following
- A complete academic curriculum vitae.
- A list of at least three contactable referees.
- A 1-2-page cover letter where the candidate discusses their experience, research and teaching plans, and potential contribution to the Department of Afrikaans and Dutch at
Stellenbosch University.
- A teaching portfolio (optional).
- MA-graad in Vertaling, Afrikaans en Nederlands of ‘n verwante veld, met spesialisasie in Afrikaanse Taalaanleer.
- ‘n Slaagpunt van minstens 70% in die MA-graad.
- Uitstekende kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels
- Moet ‘n Suid-Afrikaanse burger wees.
- Moet onder 40-jaar-oud wees.
Aansoeke Moet Vergesel Word Van Die Volgende
- ‘n Volledige akademiese curriculum vitae.
- ‘n Lys van minstens drie verwysingspersone wat gekontak kan word.
- ‘n 1-2-bladsy dekbrief waarin die kandidaat hul ervaring, navorsings- en onderrigplanne, asook moontlike bydrae tot die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit
Stellenbosch uiteensit.
- `n Onderrigportefeulje (opsioneel).
Recommendation/Aanbeveling
- Registration as a PhD student.
- Proficiency in isiXhosa.
- Cum laude result for MA degree.
- Evidence of a developing research profile, as reflected in conference participation and the publication of accredited research outputs.
- Teaching experience at tertiary level.
- Demonstrated ability to function effectively as part of a team.
- Registrasie as ‘n PhD-student.
- Vaardigheid in isiXhosa.
- Onderskeidingspunt vir MA-graad.
- Blyke van ‘n ontwikkelende navorsingsrekord, soos weerspieël in kongresdeelname en die publikasie van geakkrediteerde navorsingsuitsette.
- Onderrigervaring op tersiêre vlak.
- Bewese vermoë om goed in spanverband te funksioneer.
How To Apply/Hoe Om Aansoek Te Doen
#PAS
The University is committed to employment equity (EE), and appointments will be made in line with the institutional EE Plan. Only South African citizens from the designated groups will be considered for appointment.
Stellenbosch University reserves the right not to make an appointment.
Your application, comprising a comprehensive curriculum vitae (including the names and email addresses of at least three references), must reach the University before or on the closing date in the advertisement.
Apply online at https://www.su.ac.za/en/careers-su by clicking “Apply now” at the top to the right of the page for the specific vacancy.
The University reserves the right to investigate qualifications and conduct background checks on all candidates.
If you have received no feedback from the University after four to six weeks of the closing date, kindly accept that your application was unsuccessful.
Die Universiteit Stellenbosch is tot gelyke indiensneming (GI) verbind, en aanstellings word ooreenkomstig die institusionele GI-plan gemaak. Slegs Suid-Afrikaanse burgers uit die aangewese groepe sal vir aanstelling oorweeg word.
Die Universiteit Stellenbosch behou die reg voor om nie ‘n aanstelling te maak nie.
U aansoek moet vergesel wees van ‘n volledige curriculum vitae (met die name en e-posadresse van minstens drie referente) en moet die Universiteit voor of op die sluitingsdatum in die advertensie bereik.
Doen aanlyn by https://www.su.ac.za/af/loopbane-us aansoek deur op “Apply now” regs boaan die bladsy vir die spesifieke vakature te klik.
Die Universiteit behou die reg voor om kwalifikasies na te gaan en agtergrondinligting oor alle kandidate in te win.
Indien u nie binne vier tot ses weke na die sluitingsdatum van die Universiteit verneem nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was.
Enquiries/Navrae
Enquiries about this post: Dr A Marais on 021 808 2160, or at [email protected]
Enquiries about remuneration/benefits and technical assistance with the electronic application process: Human Resources Client Services Centre, on 021 808 2753 (Stellenbosch),
or 021 938 9636 (Tygerberg), or at [email protected]
Navrae oor hierdie pos: Dr. A Marais by 021 808 2160, of by [email protected]
Navrae oor vergoeding/voordele en tegniese ondersteuning met die elektroniese aansoekproses: Menslike Hulpbronne Kliëntedienssentrum, by 021 808 2753 (Stellenbosch),
of 021 938 9636 (Tygerberg), of by [email protected]
CurrencyZAR Commencement Date01-Jan-2027 Closing Date15-Sep-2026 Amount of Travel Work At Home