Overview

Journalist Jobs in Port Elizabeth, South Africa at Media24 (Pty) Ltd

Hoofdoel van die pos

Netwerk
24 is op soek na ’n algemene joernalis om as deel van die Oos-Kaapse-span oor algemene nuus asook sake van plaaslike, provinsiale en nasionale belang verslag te doen. Die betrokke verslaggewer moet onderwerpe kan ontgin, navors en daaroor kan verslag doen. Die verslaggewer moet ’n aanvoeling hê vir digitale joernalistiek en video’s en foto’s kan neem. Die geskikte kandidaat moet blitsig kan skryf en onder druk kan werk.

Die persoon moet ook bereid wees om ongereelde ure en oortyd te werk, insluitend sommige naweke en openbare vakansiedae.

Pligte

Identifiseer en skryf van nuusberigte.

Identifiseer eksklusiewe stories en berig daaroor.

Doen verslag oor brekende nuus.

Hou ‘n netwerk van kontakte in stand.

Doen soms diens op oggendskof of aandskof asook van tyd tot tyd oor naweke.

Vaardighede en bevoegdhede

Die vermoë om met gemak in ‘n digitale, multiplatform-omgewing te werk met vaardighede in sosiale media, asook die neem van foto’s en video’s.

Die vermoë om in ‘n span te kan werk.

In besit wees van ‘n reeds uitgebreide netwerk van kontakte.

Beskik oor ‘n goeie nuussin en begrip van die lesers vir wie jy skryf.

‘n Passie vir joernalistiek.

Uitstekende taalvaardighede in Afrikaans.

Kwalifikasies en ondervinding

’n Toepaslike tersiêre kwalifikasie.

’n Geldige rybewys.

Twee jaar ervaring as ‘n verslaggewer.

#J-18808-Ljbffr

Title: Journalist

Company: Media24 (Pty) Ltd

Location: Port Elizabeth, South Africa

Category: Business (Summer Seasonal)

 

Upload your CV/resume or any other relevant file. Max. file size: 800 MB.