Overview
BESTUURDER / HOOF Jobs in Bellville, Western Cape, South Africa at Badisa Charity
Title: BESTUURDER / HOOF
Company: Badisa Charity
Location: Bellville, Western Cape, South Africa
Durbanville Kinder- en Jeugsorgsentrum (Sluitingsdatum: 23 Julie 2026)
Durbanville Kinder- en Jeugsorgsentrum is ’n dinamiese program van Badisa en op soek na ‘n visionêre, passievolle en ervare Bestuurder om by die span aan te sluit. Die hoofdoel van hierdie pos is om die sentrum met behulp van doelgerigte beplanning, koördinering en bestuur te lei ten einde ‘n veilige, vakkundige, en koesterende hawe vir getraumatiseerde kinders te skep.
Minimum Vereistes
- ‘n Toepaslike B-graad of nagraadse kwalifikasie in Maatskaplike Werk, Kinder- en Jeugsorg, of ‘n verwante sosiale wetenskap. ‘n Bykomende bestuurskwalifikasie word hoogs aanbeveel.
- Minstens vyf (5) jaar bewese bestuurservaring op ‘n senior vlak, verkieslik in die sektor vir nie-winsgewende organisasies of by ‘n residensiële kinder- en jeugsorgfasiliteit.
- Finansiële geletterdheid en praktiese ervaring met die opstel en bestuur van begrotings, asook die monitor van uitgawes en bates.
- Wetlike voldoening, waaronder skriftelike bewys van klaring op die Nasionale Kinderbeskermingsregister (Vorm 30) en ‘n SAPD-polisieklaring (geen kriminele rekord).
- Uitstekende kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels. ‘n Geldige rybewys is ‘n vereiste.
Kernverantwoordelikhede (KPA’s)
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die volgende kernareas soos vervat in die amptelike KPA-dokument:
- Programbestuur en bestuur van vakkundige dienste.
- Menslike hulpbronbestuur en bestuur van dissipline.
- Finansiële bestuur, batebestuur en voorraadbestuur.
- Skakeling, kommunikasie, bemarking en fondswerwing.
- Administrasie, navorsing en organisasie ontwikkeling.
- Verteenwoordiging (intern en ekstern).
Persoonlikheidseienskappe En Leierskapsprofiel
- Visie en transformasie-leierskap met die nodige strategiese insig om die organisasie toepaslik te hou en die personeel suksesvol deur veranderingsprosesse te lei.
- Uitstekende menseverhoudinge en die vermoë om spanbou te fasiliteer ten einde ‘n lojale, geïnspireerde personeelkorps en -kultuur te kweek.
- Diepgewortelde empatie, betrokkenheid en passie vir die holistiese versorging van getraumatiseerde kinders.
- Uitstekende kommunikeerder met goeie interpersoonlike verhoudinge, en die vermoë om sinvol met die Beheerraad, donateurs, Departement Maatskaplike Ontwikkeling, en die gemeenskap te skakel.
- Die vermoë om konflikte en dissipline konsekwent, regverdig en kalm te hanteer vir die ordelike bestuur van die DKJS.
- Analitiese denkvermoë en ‘n toewyding tot deurlopende selfontwikkeling en bestudering van die jongste literatuur.
- ‘n Kreatiewe en innoverende denker wat proaktief uitdagings identifiseer en doeltreffende oplossings ontwikkel.
- Bewese vermoë om onder druk te presteer en uitdagende situasies professioneel en met selfbeheersing te hanteer.
- Hoë vlak van selfdissipline, aanspreeklikheid en onberispelike persoonlike integriteit.
- Toewyding tot die handhawing van gesonde bestuursbeginsels, hoë etiese standaarde en die organisasie se beleide en prosedures.
- Bewese vermoë om nuwe fondsbronne te identifiseer, skenkerverhoudings te ontwikkel en strategiese vennootskappe te bevorder.
Aansoekproses
Persone wat belangstel en oor toepaslike kwalifikasies beskik word genooi om ‘n bondige, bygewerkte CV (maksimum vier (4) bladsye), asook gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies en identiteitsdokument, in te dien.
Sluitingsdatum: 23 Julie 2026
Stuur aansoeke aan: [email protected]
Indien u binne drie (3) weke na die sluitingsdatum nog nie van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Die DKJS behou die reg voor om nie ‘n aanstelling te maak nie.