Overview
Beheerkameroperateur (Insidentkoördineerder) Jobs in Pretoria, Gauteng at AfriForum
Full Job Description
Forum Sekuriteit Dienste (‘n inisitief van AfriForum) is tans op soek na ‘n beheerkameroperateur wat in Kloofsig, Centurion gebaseer sal wees.
Die doel van die Beheerkameroperateur is om intyds veiligheids- en operasionele stelsels te monitor en beheer, insidente vinnig te identifiseer, en toepaslike reaksies te koördineer en implementeer. Hierdie rol behels samewerking met gemeenskapsveiligheid strukture soos buurtwagte, insidentkoördineerders, paramediese dienste, gewapende reaksie-eenhede, en ander nood- en ondersteuningsdienste om effektiewe, geïntegreerde reaksies te verseker. Die suksesvolle kandidaat sal ‘n kritieke rol speel in misdaadvoorkoming, noodreaksiekoördinering en die algemene veiligheid van gemeenskappe.
Minimum kwalifikasies sluit in ‘n PSiRA graad C, met minstens twee tot drie jaar ervaring in beheerkameroperasies of insidentbeheer. Ondervinding in die sekuriteitsbedryf sal voordelig wees. Die kandidaat moet ook kennis hê van toepaslike wetgewing soos PSIRA en SAPD-riglyne, sowel as uitstekende kommunikasie-, analitiese en tegnologiese vaardighede toon.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir:
Intydse monitering van veiligheids- en kommunikasiestelsels.
Onmiddellike koördinering van nood-insidente.
Effektiewe kommunikasie en samewerking met interne en eksterne rolspelers.
Noukeurige rekordhouding van insidente en kommunikasie.
Verseker optimale funksionering van tegnologiese stelsels.
Nalewing van wetlike en regulatoriese vereistes.
Deelname aan deurlopende opleiding.
Ons is op soek na ‘n kandidaat wat betroubaar en professioneel is, met sterk interpersoonlike vaardighede, emosionele intelligensie en ‘n vermoë om doeltreffend onder druk te werk
Title: Beheerkameroperateur (Insidentkoördineerder)
Company: AfriForum
Location: Pretoria, Gauteng
Category: